Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Euphorbiaskool in Mookgophong se landloopatlete het op Saterdag 9 April aan die eerste landloopkampioenskap van die jaar in Thabazimbi deelgeneem. Die atlete het hul goed van hul taak gekwyt ondanks die nat baan. Willem Botha (o.9) het sy afdeling gewen en Ruan Turvey (o.10) was sesde.
Die Koro Creek-gholf-ope is op Saterdag 9 April en Sondag 10 April in nat weerstoestande op die Koro Creek-gholfbaan in Modimolle gespeel. Die 84
spelers het ware deursettingsvermoë getoon nadat meer as 40 mm reën vanaf die Vrydagaand tot die Saterdagoggend uitgesak het. Op die foto staan Vincent Olley van die Chrome-gholfklub in Steelpoort met die wentrofee. Sy finale telling was gelyk aan baansyfer. Drie spelers het die tweede plek gedeel met tellings van vier houe oor baansyfer. Hulle is Tiaan Diederiks (Koro Creek-gholfklub), Thinus Labuschagne (Chrome-gholfklub in Steelpoort) en Andries Lombard (Polokwane-gholfklub).
Drie senior atlete van die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle het op Saterdag 16 April in baie koue, nat weerstoestande aan Gauteng-Sentraal se meestersatletiekkampioenskap in Germiston deelgeneem. Hulle het altesame 14 medaljes in hul onderskeie ouderdomsafdelings vir spiesgooi, skyfwerp, gewigstoot, gewiggooi en Griekse-diskus verwerf. Op die foto is Babsie Crafford (vyf goud), Annette van Dyk (vyf goud) en Miggie van der Walt (vier brons) met hul medaljes. Al drie atlete is ook gekies vir die Gauteng-Noord-span wat op Donderdag 5 Mei aan die Suid-Afrikaanse-meestersatletiekkampioenskap in Pretoria deelneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button