Local sportSport

Plaaslike netbalspelers wys weer hul staal op Koedoeskop

Laerskool Koedoeskop se netbalspelers het die afgelope week hul eerste ligawedstryde gespeel.

Die skool het op Donderdag 7 April gasheer gespeel vir die netbalspanne van Laerskool Platina.

Die eerstespan het hul wedstryd met ’n 10-6-sege afgesluit.

Die o.11-span het hulle opgevolg met nog ’n wentelling teen die Platina-span met 8-0. Die o.12-span het hul wedstryd met ’n wenteling van 5-3 afgesluit.

Die juniors moes ongelukkig die knie buig voor Laerskool Platina en het hul wedstryd verloor met ’n eindtelling van 10-3.

Koedoeskop se o.10-netbalspan het hul eerste wedstryd verloor, maar nogtans moedig gespeel. Voor is Chané Olivier en Refiloe Rokhotoso. In die middel is Niva Groenewald, Marli Bondesio, Lilly Net en Ziné Coetzee. Agter staan Kimoné Booysen en Kaitlyn Botha.
Die o.12-span bestaan uit Neo Mosesane en Letta Phiri (voor). Agter hulle staan Didi Mochampi, Lané Malan, Reitumetsi Kali, Natasha Smit (afrigter), Mientjie Barnard, Martelize Groenewald, Lizay Venter en Janke Serfontein.
Die o.11-span van Laerskool Koedoeskop het hul wedstryd teen Laerskool Platina met 5-3 gewen. Voor is Phumi Maseko, Joné de Klerk en Alexi Killa. Agter hulle staan Anke Fourie, Kaylee Collins, Kaylee de Beer, Chané Ras (afrigter), Addeley van Tonder, Zané van Tonder en Precious Malaudzi.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button