Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hoërskool Nylstroom is trots op drie van hul atlete wat aan die Atletiek Suid-Afrika (ASA) -byeenkoms van 21 Maart tot 2 April in Potchefstroom deelgeneem het. Anri Briel (gr. 8) het aan die 200 m vir meisies o.16 deelgeneem, Wihan Bezuidenhout (gr. 9) het aan die spiesgooi vir seuns o.16 deelgeneem en Daniël Briel (gr. 11) het aan die 200 m vir seuns o.18 deelgeneem. Daniël het tot by die semi-finale ronde deurgedring. Dié foto van Daniël is tydens ’n vorige byeenkoms geneem. Foto: Herman Steyn
Drie tennisspelers van Hoërskool Nylstroom was deel van die Limpopo-span wat van 19-22 Maart aan die Suid-Afrikaanse-tennistoernooi in Pretoria deelgeneem het. Hulle is Hesmé Holtzhausen (o.15), Anika Holtzhausen (o.19) en Johan Bosch (o.15).
Drie hokkiespelers van Hoërskool Nylstroom is gekies as deel van die Limpopo-oefenspan. Lorinda Broodryk is in die o.16-span en Khomotso Selema en Lindi Loots is in die o.18-span opgeneem.
Die Nylies se rugbyspanne het gedurende die skoolvakansie getoer. Die eerstespan het aan die Namgola Parys Alumni-rugbyweek by Hoërskool Parys deelgeneem. Die span het ’n oefensessie saam met die voormalige Springbokstut Richard Bands gehad en die legendariese Springbokslot Victor Matfield ontmoet. Daar was tussen die harde werk deur ook tyd vir pret en die manne het die Vaalrivier op kano’s aangedurf.
Hoërskool Nylstroom’s chess players took part in a chess tournament at Northern Academy in Polokwane on Saturday, March 12. The tournament is part of the Capricorn Series and Tiisetso Selema achieved a well deserved second place. Teammates Jandré Neethling (13th place) and Tiisetso Nkgodi (29th place) also enjoyed the tournament.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button