Local sportSport

Frikkie-atlete dankbaar oor steun vir wintersportspanne

Daar is ’n bekende Engelse spreekwoord wat lui “There is no i in team.”

Dit is beslis van toepassing op Hoërskool Frikkie Meyer, want dié skool het nou al male sonder tal bewys spanwerk is nou maar eenmaal die antwoord.

Die skool het ondanks ’n uiters uitdagende 2021 puik matriekuitslae behaal en ook vanjaar tydens die atletiekseisoen geskitter.

Die wintersportseisoen het nou in alle erns afgeskop. Die skool het onlangs hul eerstespanne aangekondig en ook hul dank uitspreek teenoor plaaslike sakelui wat ruim donasies aan die sportspanne afgestaan het.

Die eerste netbalspan is reg vir die wintersportseisoen.
Die meisies wat vanjaar in die eerste hokkiespan is, gaan beslis gedugte teenstanders vir die ander skole wees.

Vanjaar se eerste rugbyspan bestaan uit Janco van Deventer, Kian Coetzee, HG Joubert, Luan von Wielligh, Ulrich Taylor, Ruan Stander, Driekus du Plessis, HJ van Rensburg, Tommie Swanepoel, Chillie van Rooyen, De Wet van der Walt, Tristan Brits, Edward Terblanche, Jacques Kotze en Ulrich Gilbert.

Die eerste netbalspan bestaan uit Chrisna Barnard, Cara Pieterse, Dimion Visser, Thuli Mthombeni, Suzaan Smit, Amy-Leigh Pretorius, Patricia Forster, Carla du Plooy en Ontha Sithole.

Die meisies wat vanjaar in die eerste hokkiespan van Hoërskool Frikkie Meyer speel is: Alicia van der Walt, Analize Slabbert, Dannique Pienaar, Elodie van Emmenes, Jamie Swanepoel, Jamy Human, June Annandale, Lené Lategan, Marlise Visser, Norah Modise, Paballo Magonoa, Retabile Mataboge, Sumarie Marais, Tshiamo Dlamini, Zané Jordaan en Zoey Joubert.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button