Local sportSport

Wind van voor vir die Nylies

Hoërskool Nylstroom se rugbyspanne het op Saterdag 12 Maart op hul tuisveld in Modimolle klei getrap in hul wedstryde teen die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé van Polokwane.

Die eerstespan moes die onderspit delf met ’n eindtelling van 10-24 in die teenstanders se guns. Foto’s: Herman Steyn

Die Nylies se o.14-rugbyspan kon nie hond haaraf maak in hul wedstryd teen HTS Tom Naudé van Polokwane nie met ’n eindtelling van 0-34. Ruben Viljoen, een van die voorspelers, moes met mening vorentoe beur om uit sy teenstander se wurggreep los te kom.
Xolani Kekana, losskakel van die o.16-span, moes met vernuf sy opponent systap op pad doellyn toe. Die eindtelling was 19-38 in die guns van HTS Tom Naudé van Polokwane.
Tiaan Steffen, agtsteman van die o.15-span, tref die bal sekuur in hul wedstryd teen HTS Tom Naudé. Die Nylies het naelskraap verloor met ’n eindtelling van 12-19 in hul opponente se guns.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button