Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die grondslagfase-leerders (gr. 1 – 3) van Laerskool Nylstroom het op Woensdag 9 Maart interne uitdunrondes vir die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) se redenaarskompetisie by die skool aangebied. Lianke Grové, Du Preez Vivier en Emma Boonzaaier het na die volgende ronde deurgedring met hul oortuigende toesprake.
Die leerders van die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Dinsdag 8 Maart aan die interne Afrikaanse-redenaarskompetisie by die skool deelgeneem. Elke spreker het hul saak gestel waarna die wenners aangekondig is. Op die foto is Stiaan Pretorius, Luan Venter (wenner van die junior fase), Chloé Viljoen en Mieke van Emmenes. Agter staan Willem Botha, Carli Strauss, Mia Botha (wenner van die senior fase), Chané Loots en Lumé Venter (wenner van die intermediêre fase).
Die netbalspelers van die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Woensdag 9 Maart aan die area-proewe by Laerskool Krugerpark in Mokopane deelgeneem. Die meisies op die foto is gekies om op Dinsdag 15 Maart aan die Waterberg-distrikproewe deel te neem. Hulle is Lize Janse van Vuuren (o.12), Rejeanne Bodemer (o.13), Misha Abrahamse (o.13), Mia Botha (o.12) en Elouise Pretorius (o.12).
Mia Botha van die Euphorbiaskool in Mookgophong het pragtig presteer tydens die Limpopo-kampioenskap op Saterdag 5 Maart in Polokwane. Sy het
in al drie die items waaraan sy deelgeneem het — 100 m-, 150 m- en 150 m-hekkies (meisies o.13) — na die Suid-Afrikaanse kampioenskap deurgedring. Dit vind van 25-27 Maart in Potchefstroom plaas. Mia neem reeds sedert haar o.7-jaar aan die Suid-Afrikaanse-kampioenskap deel.
Hoërskool Warmbad het in die week voor die 58ste Bosveld Interhoër-byeenkoms ’n bietjie aanmoediging vir die atlete gereël. Wenda Nel, gerekende Suid-Afrikaanse- en Olimpiese-atleet, het by die Warries gekuier. Sy het aan die atlete gesê om nooit op te hou om groot te droom nie en hul drome met harde werk na te jaag. Op die foto is die skool se hoofleiers, Megan Prinsloo, Lehlogonolo Mokwena, Wenda Nel, Frances de Jonge en Heinrich Hirschorn tydens haar besoek.
Melienke Vermaak, ’n tuisskoolskoolleerder van Bela-Bela het by Lord Milner Primary School in Settlers se atletiekoefening ingeskakel en het haar die afgelope atletiekseisoen baie goed van haar taak gekwyt. Sy het op Vrydag 4 Maart aan die Limpopo-kampioenskap in Polokwane aan verspring deelgeneem en ’n sewende plek behaal.
Die Euphorbiaskool in Mookgophong is baie trots op die twee fietsryers Michiel Genis en Wihann Schalekamp. Michiel het ’n sesde plek en Wihann ’n tweede plek behaal tydens die o.12 X-CO-fietswedren wat op Saterdag 5 Maart in Louis Trichardt gehou is.
Tiaan Rabe, afrigter van die Euphorbiaskool in Mookgophong se fietsryspan, het algeheel eerste in die senior afdeling van die X-CO-fietswedren op Saterdag 5 Maart in Louis Trichardt geëindig.
Buhle Tshabalala, ’n leerder van Laerskool Warmbad, het op Saterdag 12 Februarie aan die Limpopo-swemkampioenskap deelgeneem. Hy het twee goue-, twee silwer- en een brons medalje verower. Hy is gekies om Limpopo einde Maart by die Suid-Afrikaanse-skolekampioenskap te verteenwoordig.
Hierdie drie hokkiespelers van Hoërskool Nylstroom in Modimolle is gekies as deel van Limpopo-hokkie se oefenspan. Lorinda Broodryk is in die o.16-span en Khomotso Selema en Lindi Loots is in die o.18-span opgeneem.
Christine le Roux, ’n onderwyser en hokkieafrigter by Hoërskool Nylstroom, is verkies as afrigter vir die Limpopo-o.18B-meisies-
hokkiepan.
Hoërskool Nylstroom se skaakspelers het op Saterdag 12 Maart aan ’n skaaktoernooi by Northern Academy School in Polokwane deelgeneem. Die toernooi is deel van die Capricorn-reeks. Op die foto is Jandré Neethling (13de), Tiisetso Nkgodi (29ste) en Tiisetso Selema (tweede). Jandré is ook vroeër genooi om as lid van die Limpopo-span aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button