Local sportSport

Hokkie-bokkies meet kragte

Hoërskool Nylstroom se hokkiespanne het op Vrydag 4 Maart teen Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit kragte gemeet in Modimolle.

Die Nylies se eerstespan het oortuigend gewen met ’n eindtelling van 3 doele teenoor 0 terwyl die tweedespan gelykop gespeel het in ’n wedstryd waar geen doele aangeteken is nie.

Die Nylies se o.14-span het ook hul wedstryd met 2-0 gewen. Hoërskool Erasmus se o.15-hokkiespan het die bordjies verhang en die Nylies met 3-0 gewen.

Die Nylies se eerstespankaptein, Lindi Loots, kyk toe hoe een van Hoërskool Erasmus se spelers die bal voor die doelhok van haar wegraap. Foto: Herman Steyn

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button