Local sportSport

Wintersport met oemf!

Atlete en afrigters van Thabazimbi is opgewonde dat die langverwagte wintersportseisoen aangebreek het.

Dié prentjie was nie verlede jaar só rooskleurig nie en talle atlete en hul afrigters was teleurgesteld nadat die departement van basiese onderwys (DPO) vroeg in die seisoen reeds besluit het om deelname aan kontaksport in skole te staak.

Die besluit was in reaksie op die nuwe vlaag Covid 19-gevalle wat in dié tye aangemeld is.

Hoërskool Frikkie Meyer se rugby-, netbal- en hokkiespanne het die wintersportseisoen op Saterdag 12 Maart behoorlik afgeskop toe dié spanne kragte gemeet het met Hoërskool Brits.

Die uitslae was as volg:

Rugby:
Die Frikkies se eerstespan het ’n wegholoorwinning teenoor Brits behaal met ’n eindtelling van 19-0. Die tweedespan het dié sukses voortgesit met ’n 17-0-sege oor die Brits-span.  Die junior spanne het ook die skool se naam hoog gehou en albei spanne het hul wedstryde gewen. Die o.16-A-span het met ’n eindtelling van 14-10 van die veld gestap en die o.15-A-span het met 27-5 met hul opponente afgereken.

Netbal:
Al nege die skool se spanne wat teen Hoërskool Brits gespeel het, het hul wedstryde gewen. Die eerstespan het hul wedstryd afgesluit met ’n 28-13-sege. Die tweedespan het ’n wegholoorwinning van 29-3 gevier. Die o.17-A-span het gewen met ’n telling van 21-3, die o-16-A’s met 20-10 en die o.15 A-span het gewen met ’n eindtelling van 24-3. Die jonger netbalspe- lers het self gewys wat in hul steek en die naweek afgesluit met ’n 20-13-sege in die guns van die Frikkies se o.14 A-span. Al drie die skool se B-spanne kon ook die naweek met ’n wen afsluit. Die o.16 B-span se telling was 14-2, die o.15 B’s het met 5-3 gewen en die o:14 B-span met 10-9.

Hokkie:
Die hokkie-meisies het hul harte uitgespeel en hoewel dié spanne nie soveel sukses soos die rugby- en netbalspelers behaal het nie, kon hulle hul koppe omhoog hou. Die eerste- en tweedespan het hul wedstryde met 0-3 verloor. Die o.16 A-span moes die knie buig voor die Brits-span met 2-6. Die o.14 A-span het hul wedstryd met ’n telling van 1-2 verloor. Die o.15 A-span het hul wedstryd met 4-0 gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button