Local sportSport

Hierdie Hoërskool Frikkie Meyer-skuts weet hoe om te korrel

Vyf jong skuts van Hoërskool Frikkie Meyer het die eerste naweek in Maart besoek in Modimolle afgelê om aan die Noord-Gauteng-veldkompetisie deel te neem.

Die lede van die Thabazimbi-boogklub is in Suid-Afrikaanse boogskietkringe bekend vir hul uitmuntende prestasies.

Die jong skuts van dié boogklub het onlangs in Bloemfontein weer bewys dat daar ’n blink toekoms vir die sport in Thabazimbi is.

Maya Broekhuizen (15), Meagan Shamrock (15) en Shanel Furstenburg (15) het al drie in die junior Female Bowhunter Unlimited-kategorie deelgeneem en die topdrieposisies behaal.

Aart Broekhuizen (14), die jong haan onder die henne by die Thabazimbi-boogklub, het ook baie goed gevaar en eerste in die junior Male Bowhunter Unlimited-kategorie geëindig.

Ameij Broekhuizen (18), wat die afgelope naweek kragte gemeet het teen gesoute skuts wat veel ouer as sy is, het haar naam as Protea-skut gestand gedoen en algeheel vyfde in die Adult Female Freestyl Unlimited-kategorie geëindig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button