Local sportSport

Thabazimbi-skuts skiet kolskote in Bloemfontein

Die skuts van Thabazimbi-boogklub het die naweek van 19-20 Februarie in Bloemfontein aan die Vrystaatse-boogskietkampioenskap deelgeneem.

Die gashere van die Vrystaat het nie teleurgestel nie en gesorg dat die deelnemende skuts op ’n wêreldklas baan by Be Human, 30 km buite Bloemfontein, meeding.

Wally Waldeck (’n bekende in motorsportkringe) en sy vrou, Rika, het kragte saamgespan om ’n uitmuntende baan vir die deelnemers te bou.

Die Thabazimbi-skuts het met ’n rits toekennings en persoonlike beste prestasies huiswaarts gekeer. Mathilda Broekhuizen, Protea-skut en een van die lede van die Thabazimbi-klub, het gesê boogskiet is ’n familiesport waar lede saam deelneem en die land vol reis om aan kompetisies deel te neem.

Die klub is suksesvol omdat hulle vir mekaar omgee en mekaar bystaan, het sy gesê. Gert Snyman het sy persoonlike beste telling van 532 uit 560 punte in die volwasse mans-kategorie met ’n glyskaal verstelbare visier aangeteken.

Maya Broekhuizen (15) het goud verwerf in haar kategorie (Junior Female Bowhunter Unlimited).

Aart Broekhuizen (14) het silwer verwerf ná ’n moeilike en warm dag op die baan. Hy neem deel in die Junior Male Bowhunter Unlimited-kategorie.

Kobus Barnard (Veteran Male Bowhunter Unlimited) het die kompetisie op ’n baie hoë noot afgesluit en drie Suid-Afrikaanse rekords op sy tuisbaan (Bloemfontein) opgestel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button