Local sportSport

Marakele-marathon beloof groot pret

Die atlete en sportgeesdriftiges van Thabazimbi en omgewing sien met groot afwagting uit na die 2022 Marakele-marathon wat vanjaar op Saterdag 5 Maart aangebied word.

Die SANParks Honorary Rangers, in samewerking met die Thabazimbi Runners Club en verskeie plaaslike organisasies, het besluit om ’n marathon te reël waar sportgeesdriftiges in en om Thabazimbi ’n geleentheid kry om hulself uit te daag tydens ’n 42,2 km marathon deur die asemrowende Marakele Nasionale Park.

Daar is ook ’n 21 km halfmarathon, ’n 10 km-wedloop en ’n 5 km-pretdraf waaraan atlete kan deelneem.

Dawid Webster, verteenwoordiger van die SANParks Honorary Rangers, het aan Die Pos gesê die padwedloop is ’n geleentheid vir atlete, sakelui en ander gemeenskapslede om saam te kom en met pret en ’n bietjie harde werk terug te ploeg in die gemeenskap.

Die SANParks Honorary Rangers is bekend vir hul werk om die opheffing van Suid-Afrikaanse Parke te bevorder deur fondsinsamelingsveldtogte en daarom is hulle opgewonde om met die hulp van Thabazimbi se sportgeesdriftiges broodnodige geld in te samel.

Inskrywings en registrasies open om 04:00 en die eerste atlete spring om 06:00 weg. Bel vir Nicolette vir meer inligting by tel. 079 493 4599.

Trek gerus die tekkies aan en kom draf in die spore van die Groot 5 by vanjaar se Marakele-marathon.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button