Local sportSport

Frikkies se atlete gaan vir goud by interhoër

Die atlete van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi het op Vrydag 18 Februarie skoonskip gemaak tydens ’n atletiekbyeenkoms by Hoërskool Nylstroom in Modimolle.

Die skool se atlete is sedert Januarie druk besig om te oefen vir die byeenkomste wat vanjaar gehou word. Dit was reeds vroeg in die seisoen duidelik dat die atlete van Hoërskool Frikkie Meyer vasbeslote is om vanjaar op die rostrum te staan.

Nie minder nie as vyf van die Frikkie-atlete het hul onderskeie items gewen én meer as 800 punte op die Absa-tabel behaal.

Dié atlete wat hul spiere gebult het, is Lourens Pieterse (gewigstoot seuns o.15), Carli Fouché (diskus meisies o.14), Lourens Pieterse (diskus seuns o.15), Christopher Koekemoer (100 m seuns o.16) en Keanu Visser (hoogspring seuns o.15).

Ulrich Gilbert is ’n atleet waarmee sy teenstanders moet rekening hou. Hy het tydens elke byeenkoms hierdie seisoen sy tye verbeter.
Simoné Kriek is een van Hoërskool Frikkie Meyer se langasem-atlete wat op Saterdag 27 Februarie op die Bosveld Interhoër-byeenkoms in Mokopane dopgehou moet word.
Ulrich Taylor van Hoërskool Frikkie Meyer het op Vrydag 18 Februarie uitgeblink in die spiesgooi-item vir seuns o.19.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button