Local sportSport

Blou Bulle rugby-unie bring wysigings aan vir komende dorpsrugby-liga

Die Waterberg-suidstreek-liga van die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) is steeds van plan om in Maart met die rugbyseisoen af te skop.

Volgens die BBRU se nuutste inligting het die Amandelbult-rugbyklub van die toernooi onttrek nadat hulle nie genoeg spelers bymekaar kon kry nie.

Die BBRU en ander klubs het ooreengekom dat Amandelbult die komende seisoen slegs op vriendskaplike basis sal deelneem. Dit sal die klub die geleentheid gee om interne uitdagings te bowe te kom en steeds hul liefde vir die spel uit te leef.

Die ander rugbyspanne wat ingeskryf is vir die liga is onder geen verpligting om vriendskaplike wedstryde teen dié klub te speel nie, maar is vriendelik deur die BBRU versoek om Amandelbult se spelers die nodige speeltyd te gun.

Die onderskeie klubbestuurslede moet drie dae vooraf aan die BBRU aandui of die vriendskaplike wedstryde teen Amandelbult wel gaan plaasvind.

Daar is noodgedwonge wysigings op die ligaprogram aangebring.

Die nuwe program is as volg:

Vrydag 25 Maart:
Kwaggas teen Mogol om 20:00 by die Mogol-rugbyklub. Kwagga 2 teen Amandelbult om 19:00 by die Mogol-rugbyklub. Loskop teen Naboomspruit om 20:00 by die Chris Wiid-stadion. Vaalwater teen Nylstroom om 20:00 by Hoërskool Nylstroom.

Vrydag 1 April:
Nylstroom teen Loskop om 20:00 by Hoërskool Nylstroom. Naboomspruit teen die Kwaggas om 20:00 by Hoërskool Hans Strijdom.

Vrydag 8 April:
Kwaggas teen Nylstroom om 20:00 by Hoërskool Warmbad. Kwagga 2 teen Amandelbult om 19:00 by Hoërskool Warmbad. Mogol teen Naboomspruit om 20:00 by die Mogol-rugbyklub. Vaalwater teen Northam om 20:00 by Vaalwater Primary School.

Vrydag 22 April:
Nylstroom teen Mogol om 20:00 by Hoërskool Nylstroom. Nylstroom 2 teen Amandelbult om 19:00 by Hoërskool Nylstroom.

Saterdag 23 April:
Northam teen Loskop om 16:00 by die Northam-rugbyklub.

Vrydag 6 Mei:
Naboomspruit teen Nylstroom om 20:00 by Hoërskool Hans Strijdom. Kwaggas teen Northam om 20:00 by Hoërskool Warmbad. Loskop teen Vaalwater om 20:00 by die Chris Wiid-stadion. Naboomspruit 2 teen Amandelbult om 19:00 by Hoërskool Hans Strijdom.

Vrydag 13 Mei:
Vaalwater teen Kwaggas om 20:00 by Vaalwater Primary School. Northam teen Mogol om 20:00 by die Northam-rugbyklub. Northam 5 teen Amandelbult om 19:00 by die Northam-rugbyklub.

Vrydag 20 Mei:
Naboomspruit teen Northam om 20:00 by Hoërskool Hans Strijdom. Kwaggas teen Loskop om 20:00 by Hoërskool Warmbad. Mogol teen Vaalwater om 20:00 by die Mogol-rugbyklub.

Vrydag 27 Mei:
Vaalwater teen Naboomspruit om 20:00 by Vaalwater Primary School. Northam teen Nylstroom om 20:00 by die Northam-rugbyklub. Northam 5 teen Amandelbult om 19:00 by die Northam-rugbyklub.

Saterdag 28 Mei:
Loskop teen Mogol om 16:30 by die Chris Wiid-stadion. Die semifinale ronde vind vanaf Vrydag 3 Junie plaas.

Die finale wedstryd tussen die topspanne is geskeduleer vir Vrydag 10 Junie.

  • Die gewysigde toernooi-program is teen druktyd as die finale beplanning vir die liga aangedui.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button