Local sportSport

Thabazimbi-atlete verras by kringbyeenkoms

Die atlete van Laerskool Thabazimbi het op Vrydag 11Februarie gesorg vir groot opwinding tydens vanjaar se kringatletiekbyeenkoms wat by die skool aangebied is.

Daar het 11 skole vanuit die omgewing aan die byeenkoms deelgeneem.

Hulle is Laerskool Thabazimbi, Advanced College, Deo Gloria Primary School, Heuningvlei Primary School, I-Stores Primary School, Kambako School, Keserona Primary School, Reënpan Primary School, Sekgweng Primary School, Thabazimbi Christian School en Ysterberg Primary School.

Die Thabazimbi-atlete het 69 eersteplekke behaal. Daar is ook drie nuwe byeenkomsrekords aangeteken.

Mojalefa Mogale het die rekord in die 80 m-hekkies vir seuns o.13 verbeter. Hy het ook die seuns o.13-verspringrekord verbeter.

Je-deon Swanepoel (13) het ’n nuwe rekord in gewigstoot opgestel.

Die topatlete meet op Vrydag 18 Februarie tydens die areabyeenkoms kragte teen die topatlete van die Dwaalboom-kring.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button