Local sportSport

Pa en seun skop modder op in oë van teenstaanders

Hennie Michau (snr.) en sy seun Hennie (jnr.) het uitgeblink tydens die eerste streekwedren van die Gauteng X-Cross Country Club (GXCC Racing) wat op Saterdag 5 Februarie  in Verena (naby Bronkhorstspruit) gehou is.

Hennie Michau jnr.

Hennie (snr.) het die vierwiel seniorafdeling (C59) gewen terwyl sy seun ’n welverdiende vierde plek in die uitdagende vierwiel ope-afdeling (C58) behaal het.

Hulle is albei lid van Team Gravity, ’n motorfiets- en vierwielklub vir amateur ryers in Modimolle wat deur Mathieu en Janie Thienpont gekoõrdineer word.

Belangstellendes kan hulle bel by tel. 073 950 7717. Die volgende streekwedren word op Saterdag 12 Maart in Rustenburg gehou.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button