Local sportSport

Hansie-groentjies is nou waardige welpies

Die “groentjies” van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong is nou waardige “leeuwelpies” nadat hulle op Donderdagaand 3 Februarie tot hierdie status verhoog is ná ’n skitterende groentjiekonsert.

Die gr. 8’s het vanjaar as Ghoempies bekend gestaan en die tema van die konsert was “Ghoempies se wortelskiet-talentkompetisie.”

“Die senior raad van leerders (SRL) het hulle baie goed van hul taak gekwyt en die gehoor het die humor terdeë geniet. Ons is werklik trots op ons Hansies,” het Johanette Pretorius, leerlingraadvoog, gesê.

Die Ghoempies het ’n sponsie op reis voorgestel wat soek na geleenthede om sy blou vlammetjie te laat brand en om wortels te skiet by die “Leeus van die Noorde”.

Die teks is deur Magda du Preez, kultuurvoorsitter, en Irmari Joubert, lid van die SRL, geskryf. Hulle het die konsert saam met die res van die leerlingraad behartig.

“Daar was baie uitdagings weens Covid-19-gevalle, maar alles was die tyd en moeite werd en die matrieks van 2026 gaan die Hansies nog baie trots maak,” het Magda gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button