Local sportSport

Nylies haal uit en wys op die atletiekveld

Hoërskool Nylstroom se atlete het hul staal gewys tydens die skool se huissportbyeenkoms wat op Vrydag 21 Januarie by die skool gehou is.

In Nylie-tradisie het die spanne van die Elande en die Koedoes mekaar die stryd aangesê. Foto’s: Herman Steyn

Die o.15-meisies swoeg en sweet tydens dié langafstand-item. Dit was ’n besonder warm dag in die Waterberg en die atlete het les opgesê onder die Bosveldson.
Altus du Plessis het die voortou geneem tydens die o.16-seuns se langafstand baanitems. Tsepang Shongoane en Katlego Kgwebane is hier kort op sy hakke.
Heinrich Steffen (gr. 12) span elke greintjie spierkrag in tydens die gewigstoot velditem vir seuns o.19.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button