Local sportSport

Bosveld Interhoër gaan voort, maar met heelwat minder sangers

Die atlete van die sewe skole van die Bosveldbond het presies ’n maand oor om hul voor te berei vir die 58ste Bosveld Interhoër-atletiekbyeenkoms wat op Saterdag 26 Februarie by Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane plaasvind.

Die gasheerskool se organiseerder, Ruan Potgieter, het vandeesweek met Die Pos gesels oor die maatreëls wat getref moet word om aan die Covid-19-regulasies te voldoen.

Ingevolge die huidige maatreëls mag daar 2 000 mense vir buitemuursaktiwiteite byeenkom en slegs ’n 1 000 word binnehuis toegelaat.

Daar is tydens ’n hoofdevergadering op Woensdag 19 Januarie by Hoërskool Nylstroom bepaal dat vol atletiekspanne van skole toegelaat sal word, maar dat elke skool beperk word tot slegs 100 nie-atlete (sangers).

Toeskouers en ouers sal nie toegelaat kan word nie, maar die byeenkoms sal regstreeks uitgesaai word.

Volgens die organiseerders vertrou hulle dat daar in die volgende maand nog verdere verslappings van die Covid-19-maatreëls sal wees waarna die besluit heroorweeg kan word.

Die skole wat in die Bosveld-bond deelneem, is Hoërskole Ben Viljoen, Nylstroom, Warmbad, Ellisras, Piet Potgieter, Frikkie Meyer en Hans Strijdom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button