Local sportSport

Fietsspeke sing weer dié naweek in die Waterberg

Motorryers tussen Bela-Bela en Modimolle moet hierdie naweek op hul hoede wees wanneer die ATKV-Klein-Kariba Classic-fietswedren aangebied word.

Die wedren vind op Saterdag 29 Januarie plaas en begin om 07:00.

Die roetes wat vir die dag beplan word sluit in die R101-pad tussen die twee dorpe, die R33-pad buite Modimolle, die Eersbewoond-pad vanaf Klein Kariba, asook die R516-pad tussen Tuinplaas en Settlers.

Die afstande wat die deelnemers aanpak is onderskeidelik 47 km en 122 km.

Die ATKV-Klein Kariba Classic-fietswedren vind op Saterdag 29 Januarie tussen Bela-Bela, Modimolle en Tuinplaas plaas. Op die foto’s is die betrokke roetes vir die twee afstande. Motorryers moet kennis neem daarvan dat die verkeer plek-plek ontwrig kan word.

Inskrywings het reeds op Donderdag 20 Januarie gesluit. Laatslapers het egter nog ’n geleentheid om op Vrydag 28 Januarie tussen 11:00 en 18:00 by die oord se ontvangs in te skryf. 

Daar is op Saterdag 29 Januarie slegs geleentheid tussen 05:30 en 06:30 om in te skryf. ’n Laat-inskrywingsfooi sal gehef word.

Die 122 km-wedren begin om 07:00 en die 47 km om 07:20 vanaf Klein-Kariba se hoofhek.

Waterpunte sal al langs die roetes beman word. Die punte word beman deur onder meer sakemense en hul personeel, asook personeellede en inwoners van die Abraham Kriel-kinderhuis en inwoners van die Negester-ontwikkeling.

Wenners van albei wedrenne ontvang trofeë en kontantpryse.

Elke deelnemer ontvang ook ’n medalje, asook ’n gratis boks druiwe.

Bykomende inligting is beskikbaar op die webtuiste www.cycleevents.co.za(.)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button