Local sportSport

Thabazimbi-skuts maak skoonskip

Altesame 17 skuts van die Thabazimbi-boogskietklub het op Saterdag 27 November en Dinsdag 30 November aan die Noordwes-binnehuise virtuele kompetisie deelgeneem.

Die Thabazimbi-boogskietklub ondersteun alle dissiplines in boogskiet waaronder 3D-, veldrondes- en binnehuiseskietkompetisies.

Alle binnehuise skietkompetisies is vanjaar virtueel aangebied om deelnemende skuts se veiligheid te verseker en die reëls is dieselfde soos bepaal deur die International Field Archery Association.

Afstande word gestel op 18,28 m vir volwasse skuts. Juniorskuts skiet oor ’n afstand van 9,14 m om uiteindelik in 12 rondes van vyf pyle elk ’n voltelling van 300/300 te behaal.

Chris Welgemoed van Thaba Boog en Hengel het tydens die kompetisie ’n voltelling van 300/300 behaal wat sy persoonlike beste was.

Die ander boogskietklubskuts wat besondere prestasies behaal het, is Danie Matthee (welpie-kategorie vir o.13-seuns). Sy punt het aan hom provinsiale erkenning gegee.

Die skuts wat nasionale tellings geskiet het, was Maya Broekhuizen en Meagan Schamrock.

In die volwasse vroue-kategorie het Mathilda Broekhuizen gewen. In die volwasse manskategorie het Chris Welgemoed met 300 punte beïndruk.

Die Thabazimbi-boogklub sal poog om aanstaande jaar hul skuts blootstelling in al die dissiplines te gee.

Verskeie kompetisies is reeds beplan met skuts uit Namibië, Botswana en Zambië wat teen Suid-Afrika se bestes in Thabazimbi sal meeding.

Die voorlopige datums vir dié reeks is 7-10 April 2022.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button