Local sportSport

Thabazimbi-boogklub maak gereed vir talle kolskote in die nuwejaar

Skuts van die Thabazimbi-boogklub het op Saterdag 27 November en Dinsdag 30 November aan die Noordwes-binnehuise virtuele kompetisie deelgeneem.

Die uitslae van dié kompetisie sal teen aanstaande week beskikbaar wees. Die Pos het intussen besluit om by die klub te gaan inloer om te hoor wat die nuwe jaar vir die klub en hul skuts inhou.

Thabazimbi-boogskietklub se skuts het die afgelope jaar naam gemaak op die nasionale boogskiet-verhoog en hoewel die jaar grotendeels suksesvol was, moes die klub ook leer om aan te pas by die nuwe uitdagings wat ’n wêreldwye pandemie gestel het.

Die volgende jaar hou groot opwinding vir boogskietliefhebbers van regoor die land in en plaaslike is Thabazimbi-skuts slaggereed om die nuwe seisoen af te skop.

Gert Snyman is die Thabazimbi-boogskietklub se voorsitter vir 2022–2024. Hy verkies om aan 3D-kompetisies deel te neem, maar is ’n kranige skut in al die dissiplines. Snyman is ook die Limpopo-verteenwoordiger van Sanifaa. Foto: Mathilda Broekhuizen

Alle binnehuise kompetisies sal aan- staande jaar virtueel plaasvind wat baie goeie nuus is vir skuts wat vanjaar weens die inperkingsmaatreëls nie kon meeding nie.

Die virtuele deelname aan kompetisies beteken dat elke skut nou daarna kan uitsien om op hul tuisbaan kragte te meet teen skuts van regoor die land.

Dit beteken dat meer skuts plaaslik sal kan deelneem, dat reiskostes verminder word en dat skuts steeds beskerm bly teen Covid-19. Dieselfde reëls sal landwyd geld en punte word dan deurgestuur na die South African National and International Federation of Archery Association (Sanifaa) se hoofkantoor.

Chris Welgemoed, verteenwoordig die Thaba-boogskietklub en hengel tydens die Noordwes-binnenshuise kompetisie. Chris het op Saterdag 27 November sy staal gewys tydens die kompetisie en 299 uit 300 behaal met ’n X-telling van 43. In die volwasse manskompetisie word podiumwenners aangewys indien hulle voltellings (300 uit 300) behaal. Die X-telling onderskei die wenners. Foto: Mathilda Broekhuizen

Tellings word landwyd bekendgemaak en deelnemers sal kan sien watter punte hulle behaal het en hulself meet aan prestasies van skuts regoor Suid-Afrika.

Sluit gerus aan by Thabazimbi-boogklub wanneer hulle op 1 Februarie 2022 om 18:00 weer hul deure vir die nuwe seisoen open.

Enige skut is welkom. Selfs kinders van so jonk as vier jaar kan hul vernuf kom toets. Bel gerus vir Gert Snyman, klubvoorsitter, vir meer inligting by tel. 083 295 1284

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button