Local sportSport

Nylstroom-rolbalklub aan die rol

Die Nylstroom-rolbalklub het op Saterdag 20 November die Avbob-rolbaltoernooi in Modimolle aangebied.

Daar was 22 rolbalspanne met altesame 88 spelers van regoor die provinsie. Dit is die vierde jaar dat die toernooi aangebied word.

Die span van Bela-Bela, onder leiding van Eugene Gilliland, het met die louere weggestap terwyl die span van Duiwelskloof tevrede moes wees met die tweede plek. 

Die gasheerspan van Modimolle het die derde plek verower.

Die Nylstroom-rolbalklub het die Avbob-toernooi in Modimolle aangebied. Die span is trots om die derde plek te behaal tydens die toernooi waar 22 spanne van regoor Limpopo deelgeneem het. Willem van Hulst, Leonie Croeser, Ernest du Plessis (spankaptein) en Dirk van der Merwe was deel van die span.
Die rolbalspan van Duiwelskloof wat die tweede plek behaal het, het bestaan uit Tjokkie von Straate, Damion Stefaans, Beate Altenroxel en Zane Fanie (spankaptein).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button