Local sportSport

Rolbalspelers vereer

Die Naboomspruit-rolbalklub in Mookgophong het einde Oktober hul jaarlikse sakeliga gehou.

Spanne is saamgestel uit werknemers van verskeie sakeondernemings in die dorp. Die wenners van die liga was die Q4-span en die Naboom-Toyota-span was kort op hul hakke.

Die span met die beste spangees was die Spif Hoenders-span.

Wimpie Botha, Naboom-rolbalklub se kompetisiesekretaris, en die span van Q4 wat as wenners van die sakeliga aangewys is: Jandré Venter, Annerie en Ruan Venter, saam met Pieter du Plessis (heel regs).
Naboom-Toyota se span was tweede in die Naboom-rolbalklub se sakeligakompetisie. Op die foto is Wimpie Botha, kompetisiesekretaris van die Naboom-rolbalklub, en Carel Roos, Stephan Jacobs, Werner Kotze en Loutjie Erasmus.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button