Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Olifant-perderit wat op Saterdag 6 November buite Mookgophong gehou is, was ’n reuse sukses. Altesame 45 ruiters het vir die perderit ingeskryf. Hulle het die 15 km lange roete onder die fel Bosveldson afgelê. Die roete het op Diamant-wildplaas begin en by die Olifant-standbeeld geeïndig. Die ruiters het gesê die hitte was ’n uitdaging, maar hulle het op plekke darem deur waterstrome gery wat ’n bietjie lafenis gebring het. Die organiseerders was baie tevrede met die genotvolle dag en bedank al die ruiters vir hul deelname en die borge wat die dag moontlik gemaak het. Die ruiter op Iben, dié pragtige Arabierperd, is Bernice Groenewald van Modimolle.
Ané Pretorius, lid van die Naboom-ruiterklub in Mookgophong, ken haar sit op ’n perd se rug. Sy het vanjaar vir die South African Equestrian Federation-span gekwalifiseer in die Western Mounted Games-afdeling. Sy was derde in haar ouderdomsgroep en is ook gekies om aan die Elite-internasionale byeenkoms deel te neem.
Kranige jong rugbyspelers het die Bosveldson op Saterdag 6 November aangedurf tydens die rugbydag wat by Laerskool Nylstroom plaasgevind het. Hier klou Reint Malan verbete aan die rugbybal vas terwyl ’n gedugte opponent hom grond toe probeer bring. Jurgens Viljoen en Gian Kriel is by vir hulp. Daar was altesame 70 leerders van verskillende laerskole in die omgewing wat deelgeneem het. Die rugbydag is gehou ten bate van Kaylee Bezuidenhout van Modimolle wat dringend ’n operasie moet ondergaan om haar gespelte sagte verhemelte te heg. Kaylee se ma, Monika Cilliers, het die rugbydag gereël en sê dat hulle R5 200 ingesamel het. Op die inlasfoto is Kaylee (3) saam met haar ousus, Melissa (4). Foto: Gerrie Kriel

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button