Local sportSport

Northam Rhino’s hou hul koppe omhoog

Die Northam Rhino’s het die afgelope naweek geskiedenis gemaak as die eerste span buite die Bloubul Rugby-unie wat aan die finale ronde van die Carlton-liga deelgeneem het.

Die Rhino’s het ’n uitstekende seisoen gehad, maar moes ongelukkig op Saterdag 30 Oktober die knie voor die Naka Bulle in die eindstryd op die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria buig.

Die eindtelling was 35-25. Die Rhino’s het ’n puik seisoen agter die rug.

Hoogtepunt sluit in:

  • Hulle is die eerste klub buite Pretoria (die Blou Bul-unie) wat sedert 1973 die Lucas Strachan-skild gewen het.
  • Hulle was vanjaar die enigste span wat onoorwonne was tot in die eindstryd.
  • Hulle het dit reggekry om tydens die eerste ronde van die liga 12 drieë teen Tuine-Grizzlies te druk. Dit is die meeste drieë deur enige span in dié ronde van die Carlton-liga. Die groot punteverskil tussen de Rhino’s en die Grizzlies (69) was die grootste van alle wedstryde.
  • Danie Loots en Patrick Hattingh was die spelers wat die meeste punte aangeteken het tydens vanjaar se Carlton-liga.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button