Local sportSport

Jong dansers dans ’n storm in Pretoria los

Die jong dansers van Modimolle en Bela-Bela het behoorlik ’n storm los gedans tydens die Suid-Afrikaanse-dansskoolkampioenskap wat op Vrydag 22 Oktober in Centurion, Pretoria, plaasgevind het.

Die dansers van LPD Studio of Dancing in Modimolle het altesame 24 medaljes opgeraap. Whilma van der Merwe, afrigter, is baie trots op die talentvolle groep dansers.

Die Hip Hop-meisies van 9-11 jaar het ’n hoë silwer toekenning ontvang terwyl die 8-10-jarige klopdansgroep en die 12-13-jarige Hip Hop-groep goud gewen het.

Die Hip-Hop-dansers van 5-7 jaar van LPD Studio of Dancing in Modimolle het puik presteer tydens die Suid-Afrikaanse-dansskoolkampioenskap. Heel voor op die foto is Juhan Greyling en Du Preez Vivier. Agter hulle is Rupert Human, Duandré Booysen, Ernan Human, Liam de Steur en Finley Human. In die derde ry is Anri Scott, Wian Janse van Rensburg en Bernardt van der Merwe. Agter staan Annelie Pretorius, Whilma van der Merwe (afrigter) en Luard Groenewald.

Luard Groenewald en Martelize Bloem het goud verwerf vir hul solo Hip Hop-danse.

Die 5-7-jaar groep Hip Hop-dansers het uitsonderlik goed presteer en ’n hoë goud, asook ’n spesiale beoordelaarstoekenning vir uitsonderlike talent verwerf.

Die duet-dansers, Martelize Bloem en Hailee Terblance, asook hul trio-dansgroep saam met Thato Selemela het ook ’n hoë goud verwerf.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button