Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Klubrugby het vanjaar die wind van voor gekry weens die Covid-19-inperkings, maar die Kwagga-rugbyklub is vasbeslote om aanstaande jaar volstoom rugby te speel. Die Kwaggas se afrigter, Lappies Labuschagne, het onlangs na die Wes-Kaap verhuis en Robert Gower is as nuwe afrigter aangestel. Gower is ’n bekende gesig op die sportveld en het baie ondervinding van klubrugby.
Owen Knapton van die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Dinsdag 5 Oktober aan die o.13 Suid-Afrikaanse-padfietskampioenskap by Forever Resort Swadini deelgeneem en algeheel vierde in sy ouderdom geëindig. Hy was eerste van die Limpopo-deelnemers.
Dié twee leerders van die Euphorbiaskool in Mookgophong het van 3-6 Oktober aan ’n groot perdrykampioenskap by die Afridome in Parys deelgeneem. Links is Melienke Grobler wat gekies is vir die Limpopo-span. Regs is Christen Esser wat algeheel sesde geëindig het. Christen skuif nou na vlak 2 ná haar uitsonderlike vertoning.
Die drie gimnaste van die Naboomspruit-gimnastiekklub is gekies vir die Limpopo-span wat op Woensdag 6 Oktober aan die Gym Games-trampolienspring deelgeneem het. Hulle is Divan Marais (goud), Kylie Viviers (silwer en ’n sesde plek), Landie van Wyk (afrigter) en Jayden van Wyk (brons en algeheel vierde).
Hoërskool Nylstroom het op Donderdag 14 Oktober weer ’n ou Nylie-tradisie gevolg. Die blyers en glyers (gr. 11’s teen die gr. 12’s) se sportdag was hope pret. Die onderwysers het die matrieks ’n ding of twee op die netbalbaan gewys. Voor is Jeanne-Marie van Zyl, Celeste Pretorius, Anton du Plessis (skoolhoof), Selma Joubert en Elzet Nel. Agter staan Pieter van Zyl, Jacques Jansen van Rensburg, Kosie de Jager, Adriaan du Plessis, Andrie Cronjé en Karla Briel.
Soms het die “glyers” letterlik oor die hokkieveld gegly. Danie Smith en Paul-Jac Els gee hul beste vir die gr. 12’s tydens hul hokkiewedstryd teen die gr. 11’s. Die dag het vir groot pret gesorg.
Matthew Heyneke (gr. 11) en Jurie Crots (gr. 12) spook dit uit om besit van die bal te kry tydens Hoërskool Nylstroom se blyers- en glyerssportdag op Donderdag 14 Oktober. Die Blyers het dié wedstryd met 19-13 gewen.
Die gr. 11’s in die Nylie-rugbytruie het op Donderdag 14 Oktober kookwater rugby gespeel teen die gr. 12’s tydens Hoërskool Nylstroom se blyers- en glyerssportdag. Hier gee Gavin Smith die bal na sy spanmaats uit.
Die toptienatlete van Laerskool Nylstroom het op Saterdag 16 Oktober aan die Laerskool Elardus Erasmus-atletiekbyeenkoms op die baan van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong deelgeneem. Altesame 17 laerskole van Limpopo en Gauteng het deelgeneem. Volgens die afrigters het die klein Nylies se aflosspanne besonder goed gevaar. Op die foto is Danelle Roos wat met ’n hoogte van 1,39 m in die hoogspring die trofee vir die beste spronge-
atleet van die byeenkoms ontvang het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button