Local sportSport

Studente laat die speke sing vir ’n goeie saak

Die Modimolle Christian Academy (Modicademy) het ’n skooltradisie waar leerders elke Woensdagmiddag saam met die skoolhoof, Lourin Viljoen, en haar man, Albert, as ’n groep in die omgewing gaan fietsry.

Die skool bied tans aan drie jongmense, verbonde aan die Pais Movement in Suid-Afrika, die geleentheid om vir die volgende jaar aktief betrokke te wees by sendingwerk in die skool en gemeenskap.

Die spanleier is Daniel Kigonza (24) wat van Kongolese herkoms is. Lea Brückmann (18) van Duitsland en Jade Vieira Dias (20) van Kaapstad is deel van die span.

Pais Movement is ’n Christelike-organisasie waar jongmense die Here kan dien deur wêreldwyd na skole, kerke en gemeenskap op praktiese- en geestelike vlakke uit te reik.

Die beweging het 25 jaar gelede in Engeland ontstaan en bereik deesdae meer as 20 nasies op ses verskillende vastelande.

Die drie sendingstudente maak weekliks die fietsry-tradisie mee en daarom het die skool ’n donasie ontvang om drie nuwe fietse te koop.

Die fietse is op Dinsdag 21 September by Jimmy’s Cycles-fietswinkel in Modimolle, wat die fietse teen kosprys aan die skool verskaf het, oorhandig.

Die sendelinge is ook toegerus met valhelms, waterbottels en fietsstaanders.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button