Local sportSport

Die gewilde spel van “POOL”

Die mees gewildste vorme van potspel of “pool” het ontstaan in die VSA, naamlik agtbal (“eight-ball”) en negebal (“nine-ball”).

Albei word gespeel op ’n standaard-grootte pooltafel met ses sakke aan die kante.

Agtbal-pool is egter meer algemeen en word veral in publieke kuierplekke gespeel.

Agtbal-pool word deur twee enkelspelers of dubbelpare gespeel. ’n Poolstok (“cue”) word gebruik om die witbal (“cue ball”) te pot en sodoende dan een van die 15 gekleurde balle te tref.

“Pool” is ’n relatiewe hoëspoed spel, in vergelyking met sy eweknieë, snoeker en biljart.

SPELERS EN TOERUSTING

Om “pool” te speel het jy die volgende toerusting nodig:

  • ’n Pooltafel (2,7 meter lank en 1,4 meter breed).
  • 16 balle (een witbal, sewe gestreepte balle, sewe soliede balle en een swart bal).
  • Poolstokke: elke speler gebruik ’n poolstok om die witbal te pot.
  • Kryt wat aan die punt van die poolstok gevryf word. Dit verbeter kontak tussen die stok en die bal.

TELLING

  • Die wenner word bepaal deur die beste speler uit byvoorbeeld vyf van nege stelle te kies.

DIE WENNER

Agtbal-pool word gewen wanneer een van die volgende aksies plaasvind:

  • ’n Speler pot al die aangewese balle. Daarna word die swart bal (“eight-ball”) gepot en gesink.
  • Wanneer die teenstander die swart bal (“eight-ball”) sink voor alle aangewese balle gesink is.
  • Wanneer die swart bal (“eight-ball”) van die tafel af gepot is.

REËLS

Die reëls van “Pool” verskil ietwat in die verskillende lande waar dit gespeel word. Daar is egter ’n standaard stel reëls wat deur amateurs en professionele spelers oral gebruik word:

  • Voordat die spel kan begin, word alle gekleurde balle willekeuring in ’n driehoekige raam geplaas. Die swart bal (“eight-ball”) word in die middel van die 3de ry geplaas. Die witbal word op enige plek agter die dienslyn geplaas.
  • ’n Muntstuk word in die lug gegooi om te bepaal watter speler die spel begin.
  • Die speler wat begin moet seker maak dat ten minste 4 balle die kantkussings raak en die swart bal nie gesink word nie.
  • Die eerste speler wat ’n gekleurde bal pot, word vereis om slegs dieselfde kategorie balle te pot.
  • ’n Speler hou aan om dieselfde kategorie balle te speel, totdat hy/sy fouteer deur byvoorbeeld ’n pot te mis. Daarna sal die teenstander ’n beurt kry om met die spel voort te gaan, totdat hy/sy fouteer. Die spel duur só voort tot aan die einde.
  • Indien ’n speler ’n fout maak, kan die teenstander die witbal (“cue ball”) enige plek op die tafel plaas en voortgaan met die spel. Die mees algemene foute is as volg: – Misluk om enige van sy/haar eie balle te pot. – Deur die witbal (“cue ball”) van die tafel af te pot. – Een van die teenstander se balle te pot. – Die witbal (“cue ball”) twee keer te pot. – Deur die witbal (“cue ball”) te stoot eerder as om dit te pot. – Speler ’n bal pot as dit nie sy/haar beurt is nie.
  • Sodra ’n speler al sy balle gesink het, moet die swart bal (“eight-ball”) gesink word. Indien die speler versuim om die swart bal te sink, kry sy teenstander ’n beurt om die spel voort te sit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button