Local sportSport

Puik uitslae deur fietsryers

Die fietsryers van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het op Saterdag 4 September aan die “Tour de Lake”-byeenkoms by Stanford Lake College buite Tzaneen deelgeneem.

Daar was 15 skole wat kragte gemeet het.

Chantelle Gouws was een van die agt deelnemers van Laerskool Eugène N. Marais. Sy het ’n eerste plek behaal in die meisies o.12-afdeling.

Die ander fietsryers het ook goeie tye behaal en die skool lê tans vyfde op die Limpopo-skolereeks.

Dit was die eerste jaar dat die skool aan dié sportsoort deelneem en dit maak hul prestasie nog meer merkwaardig.

Marina Gravett, skoolhoof, het na afloop van die byeenkoms gesê: “Ek is baie trots op elke kind wat Saterdag deelgeneem het.

Dit was ’n baie groot ondervinding vir hulle. Hulle het nie vir die woud en hoë bulte teruggestaan nie. Elkeen het ons skool se leuse ‘Doen jou bes’ volwaardig uitgeleef.

Hou ons aanstaande jaar dop.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button