Home/Sport/Local sport/Oor die wenstreep… Local sportSport Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. October 4, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die tuimelaars van die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle het 15 medaljes tydens die Eagles-tuimelkompetisie op Saterdag 11 September in Benoni verower. Daar was altesame sewe klubs van Gauteng en Limpopo wat deelgeneem het. Op die foto sit Lané Steenkamp (silwer medalje), Marloné Kleynhans (goue medalje en silwer medalje) en Isabella Swart (twee silwer medaljes). Agter staan Enrico van Tonder (goue en silwer medaljes), Zúret Gilliand (goue medalje en twee silwer medaljes), Cornel Scheepers (twee silwer medaljes), Anri Briel (silwer medalje) en Juan Botes (twee goue medaljes). Hulle word afgerig deur Charlene Engelbrecht. Twee sussies van Hoërskool Nylstroom, Anika en Hesmé Holtzhausen, het Limpopo op Vrydag 24 September en Saterdag 25 September verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse-skole-tennistoernooi wat in Klerksdorp gehou is. Anika (links) beklee tans die no. 1-posisie vir meisies o.19 en Hesmé (regs) die no. 3-posisie vir meisies in Limpopo. Johan Bosch van Laerskool Nylstroom het die afgelope naweek as deel van die Limpopo o.13-span aan die interprovinsiale tennistoernooi in Klerksdorp deelgeneem. Limpopo se o.13-span het die toernooi gewen. Johan het 11 van sy 12 wedstryde gewen. Anika Swart op haar perd Arkab Frieda en Rezé Swart op Izra Leyhla het op Saterdag 25 September ’n 80 km rit kafgedraf tydens die Waterberg-perdeuithourit. Drie ruiters van Hoërskool Nylstroom het die afgelope naweek se hitte aangedurf en aan die Waterberg-perdeuithourit deelgeneem. Luan Pretorius het op Vrydag 24 September 80 km op sy perd, Deo Gratias Aziz, afgelê. October 4, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print