Local sportSport

Hokkiemeisies hou Koedoeskop se naam hoog

Laerskool Koedoeskop se hokkiemeisies het op Donderdag 9 September teen Laerskool Thabazimbi deelgeneem.

Die spanne van Koedoeskop het hul staal gewys en die gedugte teenstanders gewen.

Elzet de Beer, afrigter en onderwyser by Koedoeskop, het gesê hulle is baie trots op al drie spanne wat met 1-0 gewen het.

Laerskool Koedoeskop se o.11-hokkiespan het ook hul teenstaanders met 1-0 gewen. Op die foto is (voor) Mericha Bezuidenhout Anuscha Roux en Pumi Maseko. Agter hulle staan Janke Serfontein, Liza Venter, Chane Ras (afrigter), Reitumetsi Kali, Gabby Nel, Letta Phiri, Nita du Toit (afrigter) Neo Moselane, Elzet de Beer (afrigter) en Kaylee de Beer.
Die o.10-span van Laerskool Koedoeskop is ’n gedugte span. Voor is Percious Maulutzi, Pumi Maseko en Chrismia Agenbag. In die middel is Martelize Groenewald, Joné de Klerk, Kaylee de Beer, Lane Malan, Anke Fourie, Neo Moselane, Mericha Bezuidenhout en Addeley van Tonder. Agter is Chane Ras (afrigter) Elzet de Beer (afrigter) en Nita du Toit (afrigter).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button