Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.


Die o.15-krieketspan van Hoërskool Nylstroom het op Woensdag 1 September teen die span van Hoërskool Warmbad te staan gekom. Die Warries het 99 lopies aangeteken voordat hul kolwers almal uitgeboul is. Die Nylies het met slegs twee paaltjies die telling behaal. Wihan Bezuidenhout van Hoërskool Nylstroom (bo) het ’n sleutelrol gespeel in sy span se oorwinning. Die aanvallende boulwerk van Deon Scholtz van Hoërskool Warmbad (onder) het die Nylie-kolwers met tye laat bontstaan. Foto’s: Herman Steyn


Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong se o.15-krieketspan het hierdie seisoen só goed presteer dat Riaan Botha, hoofseun van 1991 en sakeman van die dorp, die span se spandrag geborg het. Op die foto is Riaan Botha (links), Marius van den Berg (afrigter) langs hom en heel regs op die foto is die ander afrigter, Johan Pitout. Agter saam met die seuns staan Juan Kotze (afrigter).
Hierdie rugbymanne van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong is in drie verskillende spanne opge-neem nadat hulle uitgeblink het tydens die proewe. Kamo Sethosa is vir die Grant Khomo-span gekies, André de Nysschen het sy plek in die Noordvaal o.16-span oopgespeel en Thato Gololo is gekies vir die Akademieweek-span. Weens die Covid-19-inperkings sal die spelers ongelukkig nie aan die toernooie deelneem nie. Hulle kry egter erkenning vir die onderskeie spanne waarvoor hul gekies is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button