Local sportSport

Dodelike Danika veg pad oop na goud

Wanneer ’n mens na Danika Stephansen — gr.7-leerder van Laerskool Thabazimbi kyk, kan jy nie glo dat ’n tenger 13-jarige een van die gevaarlikste karateka in die land is nie.

Die Pos het vroeër vanjaar met Danika kennis gemaak ná haar puik prestasie by die nasionale karatekampioenskap in Durban waar sy as een van die toptienkaratekas in haar ouderdomsgroep aangewys is.

Danika het einde Augustus weer tydens die Suid-Afrikaanse Elite-karatekampioenskap gewys dat ’n mens haar nie op die baadjie moet takseer nie.

Danika Stephansen (13), ’n gr. 7-leerder van Laerskool Thabazimbi, is gekies vir die Proteaspan wat later vanjaar aan die internasionale karatekampioenskap in Dubai deelneem.

Sy het ’n goue medalje in die kumité-afdeling (gevegskuns) behaal. Dié besonderse prestasie het vir haar ’n plek in vanjaar se Proteaspan verseker.

Sy sal Suid-Afrika later vanjaar in Dubai tydens die internasionale karatekampioenskap verteenwoordig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button