Local sportSport

Dansers blink uit by kompetisie

Die dansers van die Dance Creations-dansskool in Mookgophong het vanjaar aan die Limpopo Amateur Dance Festival deelgeneem en puik presteer.

Die kompetisie word die afgelope vyf jaar aangebied en is die naweek van Vrydag 27 en 28 Augustus by Castle de Wildt buite Modimolle gehou.

Daar was meer as 500 inskrywings van regoor die land. Bonnita de Bruyn, dansafrigter, is baie in haar skik met die vertoning van haar 29 dansers en het gesê die kompetisie se standaard was baie hoog. Hulle het in 27 kategorieë deelgeneem.

Danika Botes en Monet van der Wal het hul afdeling gewen tydens die Limpopo Amateur Dance Festival met hul duet genaamd “Warriors”.

Die dansskool het vyf eersteplekke behaal. Estian van Wyk, ’n leerder van Hoërskool Hans Strijdom, het ’n eerste plek verower met 88% in sy hip-hop afdeling en nog ’n Hansie, Henco Coetzee (gr. 12), het ook ’n eerste plek behaal met 96% vir sy kontemporêre dans.

Danika Botes en Monet van der Wal het ook gewen met hulle duet “Warrior”. Ragab Smith het 96% vir haar kontemporêre dans gekry.

Die ander afdelingwenners was Miané Loots (89% vir moderne jazz) en Tenique van der Merwe (84% vir moderne dans).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button