Local sportSport

Thabazimbi-landlopers gaan vir goud

Twee atlete van die Thabazimbi-landloopklub het op Saterdag 14 Augustus gewys die Ysterberg-atlete kan by die bestes in die land kers vashou.

Lenie Steenkamp (10) en Jarianka du Plessis (14) het tydens die Limpopo-kampioenskap by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgopong behoorlik stof in die ander atlete se oë geskop en hul plek in die Limpopo-span verseker.

Lizel Blignaut, hul afrigter, het gesê sy is baie trots op al haar atlete se prestasie tydens dié byeenkoms.

Lenie Steenkamp van Thabazimbi het gewys dinamiet kom in klein pakkies toe sy gekies is om die Limpopo-landloopspan by die Suid-Afrikaanse kam-
pioenskap te verteenwoordig.

“Die atlete het reg deur die jaar, en selfs tydens die inperking, baie hard geoefen en ons het ’n hele paar topatlete.”

Sy het gesê daar is ongelukkig weens die Covid-19-pandemie besluit om slegs 50% van die atlete wat vanjaar gekwalifiseer het in die provinsiale span in te sluit wat aan die nasionale kampioenskap sal deelneem.

“Ek en die atlete is almal ’n bietjie teleurgesteld, maar ons is ook baie trots op die spanlede wat wel die geleentheid het om op nasionale vlak kragte te meet.”

Die atlete gaan intussen voort met hul normale oefening en volgens Blignaut is hulle steeds gemotiveerd om hul persoonlike beste tye te verbeter.

Die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskap vind op Saterdag 18 September in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal plaas.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button