Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Tharina Jansen van Vuuren, ’n gr.9-leerder van Hoërskool Nylstroom, het ’n blink geleentheid gekry om ’n musiekvideo op te neem en op televisie te verskyn nadat sy aan die sangkompetisie “Kollig” deelgeneem het. In haar video-inskrywing het sy een van haar eie komposisies, “Jakarandastad”, ge-
sing. Sy het ’n oudisie by die Blou Hond-teater in Pretoria gehad waar die bekende akteurs Antonie Bougas en Izak Davel van die beoordelaars was. Tharina skryf nie net haar eie liedjies nie, maar kan ook klavier, kitaar en die ukulele speel.
Kolskoot! Sewe hokkiespelers van Hoërskool Nylstroom is vir die Limpopo-oefenspan gekies nadat hulle op Sondag 15 Augustus aan uitdunne in Polokwane en Haenertsburg deelgeneem het. Op die foto is Emmanuel Molope (o.18), Lucky Tsoai (o.18), Mahlatse Mphalele (o.16), Kgomotso Selema (o.18), Leane van Deventer (o.14) en Lee-Ann van Deventer (o.18). Tshepang Baloyi (o.18) was afwesig toe die foto geneem is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button