Local sportSport

Lang gewag vir 5150 uiteindelik verby

Die tiende 5150-driekampbyeenkoms het uiteindelik op Saterdag 21 Augustus by Forever Resorts in Bela-Bela plaasgevind nadat dit in 2020 weens die Covid-19-pandemie uitgestel moes word.

Meer as 600 atlete van regoor die land het verlede Saterdag by die wegspringpunte aangetree waarna hulle 1,5 km moes swem, hard trap in die 40 km-fietswedren en in die laaste skof die uitmergelende 10 km-wedloop moes draf tot by die wenstreep.

Atlete het vroeg reeds geweet die winter is verby in die Bosveld met temperature wat by 28°C gedraai het. In die mansafdeling was die topdrie atlete in ’n naelbytstryd tot by die wenstreep gewikkel.

JC Heslinga het die wedloop in 02:12:50 voltooi. Gavin Mofsowitz was tweede met 02:13:32 en Matthew Ralphes derde met 02:13:33.

Die wenner van die vroue was Eulali Gouws (02:25:30), gevolg deur Ricci-Lee Brookstone (02:39:38) en kort op haar hakke was Tracy Nyamuda (02:40:32) in die derde plek.

Hoewel geen toeskouers weens die Covid-19-inperkings by die wedloop toegelaat is nie, het die organiseerders nogtans gesê die dag was ’n groot sukses en hulle is baie dankbaar teenoor elke atleet en vrywilliger wat deelgeneem het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button