Local sportSport

Frikkie Meyer-skuts skiet ’n kolhou

Agt leerders van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het die afgelope naweek aan die Limpopo Suid-veldskietkompetisie by die Thabazimbi-boogskietklub deelgeneem.

Drie van die leerders het goud in hul onderskeie ouderdomsgroepe verwerf. Ameij Broekhuizen (gr.11), Maya Broekhuizen (gr. 9) en RF Furstenburg (gr. 11) het gewys dat kolskote hulle kos is.

Megan Shamrock, ’n gr. 9-leerder van Hoërskool Frikkie Meyer, is ’n kranige skut en lid van Thabazimbi-boogskietklub. Sy het ’n brons toekenning behaal.
JJ Matthee en RW Furstenburg van Hoërskool Frikkie Meyer is gefokus op die teiken. Hulle het op Saterdag 21 Augustus aan die Limpopo Suid-veldskietkompetisie deelgeneem.

Shanell Furstenburg (gr. 9), Aart Broekhuizen (gr. 8) en JJ Matthee (gr. 11) was ’n kortkop agter hulle en het silwer verwerf.

Meagan Shamrock (gr. 9) en Zander Coetzee (gr. 8) was die ander twee leerders wat die skool se naam hoog gehou het en brons verwerf het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button