Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Bela-Bela-inwoners sal dié naweek atlete in aksie sien wanneer die jaarlikse 5150- driekampbyeenkoms op Saterdag 21 Augustus by Forever Resorts in die dorp plaasvind. Atlete sal meeding oor 1,5 km swem-, 40 km fietsry en 10 km draf. Die kompetisie skop in die oord af. Toeskouers word egter nie toegelaat nie. Die fietswedren sal op die Alma-pad plaasvind en die padwedren begin en eindig in die oord. Alle Covid-19-maatreëls sal gevolg word. Foto: 5150-Argief
Dit is duidelik dat tennis ’n familiesport is by Hoërskool Nylstroom. Op die foto is van die Nylies se top tennisspelers. Van links is Janes van Zyl en sy broer, Franco, Anika Holtzhausen en haar sussie, Anita, en Heinrich en sy broer, Tiaan Steffen. Foto: Herman Steyn

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button