Local sportSport

Landloopatlete hou naam hoog

Die atlete van die Thabazimbi-landloopklub het die afgelope paar maande hard geoefen om hulself gereed te kry vir vanjaar se landloopseisoen.

Die atlete het op Saterdag 14 Augustus aan die Limpopo-kampioenskap by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong deelgeneem.

Volgens Lizel Blignaut, afrigter, was sy baie trots op die atlete.

“Dit het baie goed gegaan met die atlete. Ons behoort voor die einde van die week te hoor watter atlete vir die Limpopo-span gekies is.”

Dié span sal op Saterdag 18 September aan die nasionale kampioenskap in Amanzimtoti deelneem.

“Ek is baie hoopvol. Hulle het baie hard gewerk en talle atlete het die potensiaal om vir die Suid-Afrikaanse-span gekies te word.”

Blignaut het gesê dit was heerlik om te sien hoe leerders die eindstreep met glimlagte op hul gesigte bereik.

“In hierdie tye is trane van blydskap en trots skaars,” het sy gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button