Local sportSport

Eerste bergfietsliga vir leerders

Die bergfietsryers van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het op Saterdag 14 Augustus in Makhado (Louis Trichardt) aan die eerste ronde van die “Tour de Lip” Limpopo-skolebergfietsliga deelgeneem en puik prestasies behaal.

Die weer het egter nie saamgespeel nie, maar nie eens die reën wat heeldag uitgesak het en die terrein in seepgladde modder omskep het, of die snerpende koue windjie wat deur murg en been gesny het, kon die atlete van stryk bring nie.

In die ouderdomsgroep 8-10-jarige seuns het Duardt van Wyk ’n vyfde plek behaal en Kian Botes ’n 15de plek. In die groep 11-12-jarige meisies was Chantelle Gouws tweede en Karli van Wyk vyfde.

Hierdie atlete maak geskiedenis want dit is die eerste bergfietsliga waaraan leerders van dié skool deelneem.

Die volgende wedren is op Saterdag 4 September by Stanford Lake College buite Tzaneen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button