Local sportSport

Rhino’s vier nóg ’n sege

Die Carlton-beker wink vir die Northam Rhino’s-rugbyspan ná hul sege van 34-33 die afgelope naweek oor die Universiteit van Pretoria (Tukkies) se span.

Pierre van Jaarsveld, afrigter van die Rhino’s-rugbyspan, het aan Die Pos-koerant gesê hy is baie opgewonde om te sien wat sy span vanjaar in die Carlton-liga vermag en ná hul sege oor die Tukkies-span op Saterdag 7 Augustus lyk dit asof dié manne van Thabazimbi reg is om kookwaterspel te lewer.

“Ons het regtig vanjaar ’n span met baie potensiaal en groot karakter,” het hy vertel.

“Ek is baie dankbaar vir al die harde werk wat hulle ingesit het.”

Die span staan op die punt om die eerste span te word (wat nie deel is van die Bloubul-unie nie) om die gesogte Lucas Strachan-skild te verower.

Geen buitespan kon dit die afgelope 49 jaar vermag nie.

Ná die Rhino’s se oorwinning oor Tukkies moet hulle nog net met die Harlequins- en Grizzlies-rugbyklubs afreken om die gesogte skild te verower.

’n Oorwinning oor dié twee spanne sal ook beteken dat die Rhino’s vanjaar met die gesogte Carlton-beker wegstap.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button