Local sportSport

Nylstroom-rolbalklub vereer sy lede

Die Nylstroom-rolbalklub in Modimolle het op Saterdag 31 Julie hul jaarlikse klubwenners tydens ’n galageleentheid aangewys. 

Die klub se kalender het reeds in Julie 2020 afgeskop en in Junie vanjaar geëindig.

’n Nuwe bestuurskomitee, met Louise Potgieter aan die stuur van sake, is gekies ná die onlangse dood van die klubpresident, Chris du Plessis. Anneke Thorpe het haar eggenoot, Jerome Thorpe, in ’n naelbyt finale ronde geklop om aangewys te word as die wenner van die 101-enkelsafdeling.

Boet Venter van die Nylstroom-rolbalklub het die toekenning vir die beste vordering in die mansafdeling gewen.

Boet Venter en Annemarie Cronjé het erkenning ontvang as rolbalspelers wat die beste vordering tydens die 2020/2021-seisoen gemaak het.

Die klub floreer ondanks die Covid-19-inperkings en belangstellendes word genooi om aan te sluit.

Anneke Thorpe is tydens die Nylstroom-rolbalklub se gala-geleentheid as die beste enkelspeler van die jaar aangewys.

Oefeninge vind op Woensdagmiddae plaas en wedstryde vind gewoonlik op Saterdagmiddae plaas. Bel berus vir Louise Potgieter by tel. 083 305 6787 vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button