Local sportSport

Duiwe vlieg van Edenburg tot Bela-Bela

Die duiwe van die Sonskyn-duiweklub van Bela-Bela is kliphard aan die vlerke klap, hoewel ysige weersomstandighede die afgelope paar naweke baie uitdagend was.

Die afgelope naweek se wedvlug vanaf Edenburg in die Vrystaat terug na Bela-Bela het oor ’n afstand van 480 km gestrek.

Die duiweboere is verras met die goeie tye wat die duiwe opgestel het. Pierre Niemand en Frank Ferreira se duiwe het in die twee ope-afdelings almal in die toptien geëindig.

Hulle duiwe het die afstand tussen 15 en 16 ure afgelê. Die twee is tans die klub se toppresteerders, saam met André Sol, Van Reenen Cloete, Andries Brits en Paul Bester.

Die duiweboere pak eerskomende naweek ’n langer pad vanaf Kimberley aan. Hulle vlieg oor ’n afstand van 570 km.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button