Local sportSport

Skuts vol in die kol!

Die Kranskop-boogskietklub se lede het op Saterdag 19 Junie ’n tradisionele boogskiet-kompetisie op die Schamach-gasteplaas net buite Modimolle aangebied.

Deelnemers vanuit die Waterbergdistrik en ander van sover as Pretoria en Johannesburg het meegeding in die onderskeie afdelings vir mans, vroue, juniors (12-18 jaar) en welpies (onder 12 jaar).

Die Pos het met Erick van Jaarsveld, stigter van die Kranskop-boogskietklub en hooforganiseerder van die byeenkoms, oor die kompetisie gesels.

Erick van Jaarsveld (links), stigterslid van die Kranskop-boogskietklub, oorhandig die sertifikaat aan Kobus Kleinhans (regs), wenner van die mansafdeling tydens die tradisionele boogskietkompetisie wat op ’n plaas buite Modimolle plaasgevind het.

“Daar word driedimensionele teikens op strategiese plekke in die veld geplaas en skuts beweeg in groepe van teiken tot teiken,” het hy gesê.

“Dit is ’n fyn kuns om met ’n tradisionele boog te skiet, want daar is geen tegnologiese hulpmiddels nie.”

Die wenners van die onderskeie afdelings was Kobus Kleinhans van Mookgophong (mans), Leanne Lopez van Johannesburg (vroue), Carys du Toit van Johannesburg (juniors) en Lincoln van Wyk van Johannesburg (welpies).

Belangstellendes kan vir Van Jaarsveld bel by tel. 083 556 5015 of vir Ivan Jacobs by tel. 082 653 2025 vir meer inligting omtrent die klub se maandelikse byeenkomste.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button