Local sportSport

Frikkies vereer die skool se wintersporthelde

Skole is vanjaar diep getref deur die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkerings. Veral sportliefhebbers is baie swaar getref.

Die afgelope twee seisoene kon min leerders hul vernuf op die sportveld wys, want albei jare se sportseisoene is deur die Covid-19-pandemie kortgeknip.

By Hoërskool Frikkie Meyer word geen geleentheid egter agterweë gelaat om verdienstelike leerders te vereer nie. Die afgelope week het die skool hulde gebring aan die sportseuns en –meisies van 2021.

Quinelle Blaauw, onderhoofmeisie van sport, het tydens die byeenkoms die leerders en onderwysers toegespreek en hulle bedank vir hul volgehoue ondersteuning tydens hierdie jaar se voorbereidings en kortstondige wintersportseisoen.

Sy het ook aan die ander leerders, wat nie deel is van die eerste spanne nie, gesê hulle maak die eerste spanne sterk en moet elke dag se uitdagings met nuwe moed aanpak.

Sy het die Frikkies aangemoedig om hul medeleerders met respek en naasteliefde te hanteer.

“Vandag is al ons senior spanne saam in die saal met ’n groot verantwoordelikheid,” het Quinelle gesê.

“Ons as seniors moet die jonger spanne wys hoe moet ’n leerder van HFM deelneem — met die nodige respek vir ons skool, ons opponente en vir die sport waaraan ons deelneem.”

Die Frikkies het ongelukkig nie hierdie seisoen die geleentheid gehad om te wys wat hulle alles kan vermag as hulle saamstaan nie, maar hulle bly saam hoopvol dat hulle in die toekoms weer koning sal kraai op die sportveld.

Die eerste rugbyspan het vanjaar bestaan uit RF Schoeman (kaptein), PJ Bezuidenhout (onderkaptein), Stephan Oosthuizen, Christiaan Welgemoed, IG Taljaard, Henry Taylor, Jannes Jordaan, Ulrich Taylor, HJ Janse van Rensburg, Tommie Swanepoel, Hennie Naudé, Gift Filani, Tristan Brits, Tiniko Mokobane, Ulrich Gilbert, Kian Coetzee, Vian Horn, Luan von Wielligh, Ruan Stander, Berto Meyer, Shaun Mosesane, Casper Venter en HG Joubert.

Die afrigters is Pierre van Jaarsveld, Cobus Snyman en Moksie Pelser.

Die eerste netbalspan bestaan uit Charné van den Berg (kaptein), Rego Motlabane (onderkaptein), Inneke Mulder, Mikayla Tullues, Chanté Engelbrecht, Suzaan Smit, Suné Meyer, Ankebe Els en Mienke Engelbrecht. Sharné Janse van Rensburg is die afrigters. Die eerstehokkiespan se spelers is Quinelle Blaauw (kaptein), Ammieka van Deventer (onderkaptein), Danielle Muller, Sariette Pretorius, Anell Strydom, Zoë Smith, June Annandale, Zoey Joubert, Lené Lategan, Dannique Pienaar, Mariska Coetzee, Jamie Swanepoel, Retabile Mataboge, Precious Thulare en Zane Jordaan.

Die afrigters is Janco Meintjies en Hanlie du Plessis.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button