Local sportSport

Rugbyspelers hang (tydelik) hul stewels op

Rugbyspelers regoor Thabazimbi het die afgelope ruk weer hul stewels afgestof en begin voorberei vir vanjaar se klubrugbyseisoen.

Die gevolge van die Covid-19-regulasies en die impak wat dit regoor die land op sport het, het veroorsaak dat dit egter maar ’n baie stadige begin vir die Thabazimbi-rugbyklub en sy spelers was.

Die gevolg was ongelukkig dat afrigters, spelers en organiseerders weens ’n sameloop van omstandighede besluit het om van vanjaar se kompetisieseisoen te onttrek en tydelik hul rugbystewels op te hang.

Die Waterberg-klubrugbyliga gaan egter onverpoosd voort en sportgeesdriftiges kan steeds daarna uitsien.

“Dit was maar ’n moeilike seisoen om te organiseer en aan die gang te kom,” het klubafrigter James Engelbrecht, verduidelik.

“Ons het gesukkel om ’n volledige span bymekaar te kry en gereelde oefensessies te reël. Ons het dus geen ander keuse gehad as om tydelik die rugby op te skort nie. Ons glo dat ons weldra meer inligting sal bekom en dan weer ’n ingeligte besluit kan neem.”

Die Sewesliga is steeds aan die gang en die manne is hard besig om te oefen vir die komende Sewestoernooie.

Die South African National Golden Oldies Rugby Assosiation (SANGORA) se nasionale fees skop ook weer in Oktober af en volgens Engelbrecht is daar baie potensiaal vir Thabazimbi se Golden Oldies (spelers van 35-jaar en ouer). Hou gerus dié spasie dop.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button