Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die jaarlikse Brug na Berg-fietsrit is op Saterdag 1 Mei landwyd aangebied. Fietsryers het die 22 skofte wat vanaf Beitbrug (Musina) tot by Tafelberg (Kaapstad) gestrek het, binne 12 uur afgelê om die roete van bykans 2 200 km te voltooi. Heel voor op die foto is Carel en Doret Taljaard wat die ongeveer 113 km-skof tussen Mokopane en Bela-Bela afgelê het. Frans Botha van Modimolle en Piet van Vuuren het vanaf Mookgophong saamgetrap tot in Bela-Bela.
Laerskool Warmbad se o.11- en o.13-meisiesnetbalspanne het op Saterdag 4 Mei hul eerste wedstryd vir die seisoen teen Laerskool Unitas gespeel. Die Warries se o.13-dogters het geseëvier deur die besoekers met 21-1 doele te klop. Op die foto is Katlego Masalesa, Adele Schoeman en Noni Mahlaula. In die middel is Denieke Vorster, Kamo Matloa, Michelle Combrink en Lesedi Mashishi. Agter staan hul afrigters, Anri Roux en Janet Jordaan.
Laerskool Nylstroom in Modimolle is baie trots op Kara van der Merwe (o.12) en Elandi van Staden (o.13) wat gekwalifiseer het vir die Limpopo-hokkieproewe wat vanjaar in Tzaneen gehou word. Kara se foto is bo en onder is Elandi.
Laerskool Nylstroom se o.12- en o.13-netbalspelers het uitgeblink tydens die tweede ronde distrikproewe wat op Woensdag 5 Mei by Laerskool Krugerpark in Mokopane plaasgevind het. Op die foto is die spelers wat gekwalifiseer het vir die Limpopo-proewe wat op Dinsdag 18 Mei in Polokwane plaasvind. Voor is Amy-Jane de Villiers en Elandi van Staden. Agter staan Lushke Fouché, Desiré Coetzee, Jenna-Lee van Wyk en Anri Briel. Heelregs is Chanel Viviers, die enigste o.12-speler wat deurgedring het na die Limpopo-proewe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button