Local sportSport

Thabazimbi-skuts skiet ’n virtuele kolskoot

Die Thabazimbi-boogklub het op Saterdag 1 Mei en Sondag 2 Mei aan die nasionale boogskietkampioenskap deelgeneem.

Vanjaar se kampioenskapstoernooi het virtueel plaasgevind met skuts van regoor die land wat op hul eie tuisgebied deelgeneem het.

Die uitslae is deur onpartydige beoordelaars verwerk en aan die onderskeie klubs gestuur.

AJ Snyman se pyle het die kol getref tydens die nasionale kampioenskap wat die afgelope naweek virtueel aangebied is.

Die kompetisie van die afgelope naweek het die grondslag gelê vir nog ’n strawwe kompetisie wat van 8-9 Mei deur die Thabazimbi-boogklub aangebied word.

Die uitslae van die kampioenskap was as volg:

Dag 1: Aart Broekhuizen (284), Ameij Broekhuizen (264), Mathilda Broekhuizen (297), Aart Broekhuizen jnr. (282), Maya Broekhuizen (295), Gert Snyman (299), Ruahan Snyman (214), Dedré Snyman (298), AJ Swanepoel (290), Jaco van Vuuren (299), Kruger van Zyl (299) en Chris Welgemoed (300).

Dag 2: Gert Snyman (299), Ruahan Snyman (236), Dedré Snyman (295), AJ Swanepoel (258), Jaco van Vuuren (299) en Chris Welgemoed (300).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button